Maak ‘n Donasie

Arendsjeug is ‘n nie-winsgewende organisasie. Ons liefde vir God se Woord, ons naaste en die waarheid maak dat ons enige tyd met ‘n glimlag die webblad aan die gang hou.

Op die oomblik is Arendsjeug egter beperk tot ‘n webblad. Ons wil soveel meer doen. Ons wil tieners regoor Suid Afrika bereik om die juk van lae verwagtings af te skud, uitdagings te aanvaar en saam met ons Groot Dinge te doen!

Finansies beperk ons egter grootliks om dit reg te kry.

Dit is daarom ons gebed in nederige afhanklikheid van ons Vader, en ons versoek aan jou – ons ondersteuner – dat jy ‘n Arendsjeug Donateur sal word.

Sien jy kans om te onderneem om R10 per maand te betaal vir die uitbreiding van Arendsjeug?

Jou R10 gaan ‘n groot verskil maak in die lewe van baie ander jongmense.

Klik hieronder op ‘Subscribe Now’ om ‘n maandelikse donateur van Arendsjeug te word.

Subscribe