Stuur Artikel

Stuur Artikel

Is jy ‘n kranige skrywer? Het jy dalk jou eie blog? Oorweeg dit om vir Arendsjeug te skryf. Jy kan bestaande werke aanstuur, of jy kan unieke stukke wat jy spesiaal vir ons geskryf het aan ons stuur. Dit is ‘n uitstekende manier om tieners oor Suid Afrika aan te spoor, en te groei as ‘n skrywer!

Hierdie webblad word aangedryf deur jongmense soos jy, wat vir ons artikels, projekte, stories, idees, en besprekings deurstuur. Op die oomblik het ons net ‘n paar mense wat die kers aan altwee kante brand om die blog aan die gang te hou, so jou kanse is goed om gepubliseer te word…

Probeer om jou artikel tussen 500 en 800 woorde te hou.

Stuur jou werk in na arendsjeug@gmail.com

Sluit die volgende by elke submissie in:

  1. “Paste” jou werk in die boodskap gedeelte van die e-pos. Moenie jou submissie instuur as ‘n PDF, of Word dokument nie, aangesien dit uiters moeilik is om vanaf hierdie dokumente te werk.
  2. Sluit ‘n 50-75 woord bio van jouself in.  Skryf die bio in derde persoon. Byvoorbeeld: “Jan Visagie is ‘n 17 jarige musikant van die transvaal…”
  3. Heg ‘n goeie foto van jouself aan die e-pos.
  4. Vir al die skakels wat in jou werk voorkom, heg die skakels ook onder aan die e-pos.
  5. Spesifiseer of die stuk oorspronklik is, en of dit ‘n stuk is wat jy alreeds erens anders gepubliseer het.

Ons publiseer van tyd tot tyd werke wat alreeds gepubliseer was, maar wanneer jy ‘n oorspronklike werk instuur is jou kanse om op Arendsjeug gepubliseer te word baie groter.

Gee ons asb 3-4 weke om te besluit of ons jou stuk gaan publiseer of nie. Dit is moontlik dat ons jou stuk al gekry het, maar nog nie daarby uitgekom het nie. In so ‘n geval is jy altyd welkom om ons te e-pos en uit te vind wat die status van jou submissie is.

Baie dankie vir die wat alreeds die moeite gedoen het om Artikels aan ons te stuur! Julle moeite word waardeer.